◐ Shell
reader mode source ↗
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Spele van die VIIIe Olimpiade
Olimpiesespele van 1924

Gehou in Parys, Frankryk
Deelnemende lande 44 Nasionale Olimpiese Komitees
Deelnemende atlete 3 089 (2 954 mans, 135 vroue)[2]
Items 126 in 17 sporte[4]
Openingseremonie 4 Mei 1924
Sluitingseremonie 27 Julie 1924
Amptelik geopen deur President Gaston Doumergue[6]
Atlete-eed Georges André (atleet)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam (sedert 1936)
Vorige Spele 1920: Antwerpen (België)
Volgende Spele 1928: Amsterdam (Nederland)

Die Olimpiese Somerspele 1924 (Frans: Les Jeux olympiques d'été de 1924), amptelik bekend as die Spele van die VIIIste Olimpiade, is tussen 4 Mei en 27 Julie 1924 in Parys, Frankryk, aangebied. Parys is gekies om dit aan te bied bó Amsterdam, Barcelona, Los Angeles, Praag en Rome.[7] Dit was ná 1900 die tweede Olimpiese Somerspele wat in die Franse hoofstad plaasgevind het. In 1924 het Frankryk ook die eerste Olimpiese Winterspele aangebied, in Chamonix-Mont-Blanc in die Alpe.

Presies 100 jaar later sou Parys die Olimpiese Somerspele 2024 gaan aanbied. Een van die Olimpiese Somerspele 1924 se stadions sal na verwagting vir hierdie Olimpiese Somerspele ingespan word: Die veldhokkiewedstryde sal in die Stade Olympique Yves-du-Manoir beslis word.

Sporte

[wysig | wysig bron]

17 Olimpiese sportsoorte in 126 dissiplines is tydens die Spele beoefen. Tydens die Spele is 126 goue medaljes oorhandig. Daarbenewens is wedstryde in verskeie demonstrasiesporte beslis.

Kaart van die sportplekke in Parys
Die Stade de Colombes tydens die Olimpiese Somerspele 1924
Rugbywedstryd tussen Frankryk en die Verenigde State tydens die Olimpiese Somerspele 1924

17 sportplekke is tydens die Olimpiese Somerspele 1924 gebruik. In die Stade de Colombes is die FIFA Sokker-Wêreldbekertoernooi in 1938-eindstryd tussen Italië en Hongarye beslis, wat deur Italië gewen is.

Stadion Sporte Kapasiteit
Château de BagatellePolo598
Bassin d'ArgenteuilRoei2 216
Camp de ChâlonsSkyfskiet (600 m vrye geweer individueel en span)395
FontainebleauModerne vyfkamp (perdry)Nie gelys nie
Hippodrome d'AuteuilRuitersport8 922
Issy-les-MoulineauxSkyfskiet (lokvalskiet, insluitende spanwedstryd)41
Le HavreSeilvaart541
Stade Olympique de ReimsSkietsport (lokvalskiet, hardloopteiken)420
Le Stand de Tir de VersaillesModerne vyfkamp (skietsport), Skietsport (25 m vinnige vuurpistool, lopende takbokke)82
Meulan-en-YvelinesSeilvaart389
Piscine des TourellesSierduik, Moderne vyfkamp (swem), Swem, Waterpolo8 023
Saint-CloudPolo7 836
Stade BergeyreSokker10 455
Stade de ColombesAtletiek, Fietsry (pad), Ruitersport, Skermsport, Sokker (eindstryd), Gimnastiek, Moderne vyfkamp (skermsport, hardloop), Rugby, Tennis60 000
Stade de ParisSokker5 145
Stade PershingSokker8 110
Vélodrome d'hiverBoks, Skermsport, Gewigoptel, Stoei10 884
Vélodrome de VincennesFietsry (baan)12 750

Deelnemende nasies

[wysig | wysig bron]
Kaart van deelnemende nasies in 1924:

 Neem vir die eerste keer deel

 Het reeds vantevore deelgeneem

     Gasheerstad Parys

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

  • Vlag van Republiek China Republiek China het ook aan die openingseremonie deelgeneem, maar die vier atlete (almal tennisspelers) het aan die spele onttrek.

Suid-Afrikaanse deelname

[wysig | wysig bron]
Die Suid-Afrikaner William Alexander Smith wen goud in die kapokgewig

William Alexander Smith wen goud in boks in die kapokgewig-afdeling. Sid Atkinson wen silwer in die 110 m hekkies en Cecil McMaster wen brons in die 10 000 m stap.

Hoogtepunte

[wysig | wysig bron]

Die "Vlieënde Finne" domineer die langafstande. Paavo Nurmi wen die 1 500 m en 5 000 m (vind plaas slegs een uur uitmekaar) en die landloopwedren (gehou in uitermatige warm weer).

Getal medaljes

[wysig | wysig bron]
Voorkant van die Olimpiese Somerspele 1924 se goudmedalje
Agterkant van die Olimpiese Somerspele 1924 se goudmedalje

Hier is die top tien lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA)29945272799
2Vlag van Finland Finland (FIN)9014131037
3Vlag van Frankryk Frankryk (FRA)40113151038
4Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (GBR)2399131234
5Vlag van Italië Italië (ITA)20083516
6Vlag van Switserland Switserland (SUI)75781025
7Vlag van Noorweë Noorweë (NOR)6252310
8Vlag van Swede Swede (SWE)1084131229
9Vlag van Nederland Nederland (NED)15341510
10Vlag van België België (BEL)17237313
18Vlag van Suid-Afrika Suid-Afrika (RSA)301113

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 3 Maart 2018.
  2. (en) "Factsheet – The Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Desember 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 23 Desember 2018. Besoek op 3 Maart 2018.
  3. (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 3 Maart 2018.
  4. (en) "Factsheet – The Programme of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Oktober 2017. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 22 April 2020. Besoek op 3 Maart 2018.
  5. (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 3 Maart 2018.
  6. (en) "Factsheet – Opening Ceremony of the Games of the Olympiad" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. 11 Januarie 2018. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 25 Desember 2018. Besoek op 3 Maart 2018.
  7. (en) "Past Olympic host city election results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 10 November 2018. Besoek op 3 Maart 2018.

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]
  • (en) David Wallechinsky (2004). The Complete Book of the Summer Olympics, Athens 2004 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-32-9.
  • (en) Bijkerk, Anthony T. (2004). "Pierre de Coubertin". In John E. Findling, Kimberly D. Pelle (red.). Encyclopedia of the Modern Olympic Movement. Greenwood Publishing Group. ISBN 0-313-32278-3. OCLC 52418065.
  • (de) Volker Kluge (1997). Olympische Sommerspiele. Die Chronik Teil 1. Athen 1896 – Berlin 1936. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00715-6.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896   1900   1904   1906*   1908   1912   1916   1920   1924   1928   1932   1936   1940   1944   1948   1952   1956   1960   1964   1968   1972   1976   1980   1984   1988   1992   1996   2000   2004   2008   2012   2016   2020   2024   2028   2032

Olimpiese Winterspele: 1924   1928   1932   1936   1940   1944   1948   1952   1956   1960   1964   1968   1972   1976   1980   1984   1988   1992   1994   1998   2002   2006   2010   2014   2018   2022   2026   2030   2034
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.