◐ Shell
reader mode source ↗
Gaan na inhoud
in Wikipedia, die vrye ensiklopedie
Ve Olimpiese Winterspele
Olimpiesespele van 1948

Gehou in St. Moritz, Switserland
Deelnemende lande 28
Deelnemende atlete 669 (592 mans, 77 vroue)[2]
Items 22 in 4 sporte
Openingseremonie 30 Januarie 1948
Sluitingseremonie 8 Februarie 1948
Amptelik geopen deur President Enrico Celio
Atlete-eed Riccardo Torriani (yshokkie)
Beampte-eed (sedert 1972)
Olimpiese vlam (sedert 1952)
Vorige Spele 1944: Cortina d'Ampezzo (Italië)
Volgende Spele 1952: Oslo (Noorweë)

Die Olimpiese Winterspele 1948 (Duits: Olympische Winterspiele 1948, Frans: Les Ves Jeux olympiques d'hiver, Italiaans: V Giochi olimpici invernali, Romansch: Gieus olimpics d'enviern 1948), amptelik bekend as die Vde Olimpiese Winterspele, is tussen 30 Januarie en 8 Februarie 1948 in St. Moritz, Switserland, aangebied. Die enigste ander kandidaatstad was Lake Placid, Verenigde State, waar die Spele in 1932 plaasgevind het.[3]

Die Skispring-skans in St. Moritz

Na 'n onderbreking van 12 jaar deur die Tweede Wêreldoorlog was dit die eerste Spele sedert die Winterspele van 1936 in Garmisch-Partenkirchen asook die tweede Olimpiade na die Olimpiese Winterspele 1928 wat in die Switserse stad gehou is. Die Olimpiese Somerspele 1948 is in Londen, Verenigde Koninkryk, aangebied.

Duitsland en Japan is deelname aan die Spele geweier. Die Sowjetunie is uitgenodig maar het verkies om geen atlete na St. Moritz te stuur nie.

Sporte

[wysig | wysig bron]

4 Olimpiese sporte is tydens die Spele beoefen.

Kalender

[wysig | wysig bron]

Die volgende tabel dui die Spele se daaglikse program aan. 'n Blou blokkie beteken dat wedstryde plaasgevind het, maar dat geen medaljes op die spel was nie. 'n Geel blokkie dui aan dat medaljes toegeken is, die getal dui op die getal medaljeparades wat die dag gehou is.

 OS Openingseremonie   Wedstryde   Wedstryde met medaljes  SS Sluitingseremonie
Januarie 1948
Februarie 1948
30
Vr
31
Sa
1
So
2
Ma
3
Di
4
Wo
5
Do
6
Vr
7
Sa
8
So
Goue
medaljes
SeremoniesOSSS
Bobslee     2
Skeleton 1
Alpeski ● ● ● ● ● ● 6
Heg-en-steg-ski 3
Noorse kombinasie   1
Skansspring 1
Kunsskaats     3
Langbaanskaats 4
Yshokkie                   1
Totaal031630322222
Kumulatief03410131316182022

Deelnemende nasies

[wysig | wysig bron]

Hier volg 'n alfabetiese lys van al die Nasionale Olimpiese Komitees wat deelgeneem het. Waar beskikbaar word die getal atlete per land in hakies aangedui:

Getal medaljes

[wysig | wysig bron]
Kaart van deelnemende nasies in 1948:

 Neem vir die eerste keer deel

 Het reeds vantevore deelgeneem

Hier is die top 13 lande wat medaljes by die Spele verower het:

 Plek Land Deelnemers Goud Goud Silwer Silwer Brons Brons Totaal
1Vlag van Noorweë Noorweë (NOR)4943310
Vlag van Swede Swede (SWE)4343310
3Vlag van Switserland Switserland (SUI)7034310
4Vlag van Verenigde State van Amerika Verenigde State (USA)693429
5Vlag van Frankryk Frankryk (FRA)362125
6Vlag van Kanada Kanada (CAN)282013
7Vlag van Oostenryk Oostenryk (AUT)541348
8Vlag van Finland Finland (FIN)241326
9Vlag van België België (BEL)111102
10Vlag van Italië Italië (ITA)541001
11Vlag van Hongarye Hongarye (HUN)220101
Flag of Czechoslovakia Tsjeggo-Slowakye (TCH)470101
13Vlag van Verenigde Koninkryk Verenigde Koninkryk (GBR)550022
Totaal (13 NOKs)56522242268

Sien ook

[wysig | wysig bron]

Verwysings

[wysig | wysig bron]
  1. (en) "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 20 Januarie 2018.
  2. (en) "The Olympic Winter Games Factsheet" (PDF). Internasionale Olimpiese Komitee. Geargiveer (PDF) vanaf die oorspronklike op 13 November 2018. Besoek op 20 Januarie 2018.
  3. (en) "Past Olympic Host City Election Results". GamesBids. Geargiveer vanaf die oorspronklike op 30 April 2020. Besoek op 20 Januarie 2018.

Verdere leesstof

[wysig | wysig bron]
  • (en) David Wallechinsky (2005). The Complete Book of the Winter Olympics, Turin 2006 Edition. SportClassic Books. ISBN 978-1-894963-45-9.
  • (de) Volker Kluge (1999). Olympische Winterspiele. Die Chronik. Chamonix 1924 – Nagano 1998. Berlin: Sportverlag. ISBN 3-328-00831-4.
  • (de) Olympische Winterspiele St. Moritz: 1928, 1948. St. Moritz: World Sports Forum St. Moritz. 1998. ISBN 3-9520540-3-8.
  • (en) Krüger, Arnd; Goksör, Matti; von der Lippe, Gerd; Mo, Kristian (1996). The History of the Olympic Winter Games. The Invention of a Tradition. Oslo: Norsk Idrettshistorisk Vörening. {{cite book}}: |work= ignored (hulp)
  • (en) George M. Constable (1996). The XI, XII & XIII Olympiads. Berlin 1936, St. Moritz 1948. Los Angeles: World Sport Research & Publications. ISBN 1-888383-11-9.
  • (de) Rudolf Pallamar (1948). Die 5. Olympischen Winterspiele 1948, St. Moritz, 30. Jänner–8. Feber. Wien: Herold-Verlag.

Eksterne skakels

[wysig | wysig bron]
Olimpiese Spele Logo van die Olimpiese Spele

Olimpiese Somerspele: 1896   1900   1904   1906*   1908   1912   1916   1920   1924   1928   1932   1936   1940   1944   1948   1952   1956   1960   1964   1968   1972   1976   1980   1984   1988   1992   1996   2000   2004   2008   2012   2016   2020   2024   2028   2032

Olimpiese Winterspele: 1924   1928   1932   1936   1940   1944   1948   1952   1956   1960   1964   1968   1972   1976   1980   1984   1988   1992   1994   1998   2002   2006   2010   2014   2018   2022   2026   2030   2034
Internasionale Olimpiese KomiteeNasionale Olimpiese Komitee
(*) Die spele van 1906 is deur die IOK georganiseer, maar word nie amptelik deur die IOK erken nie.